Pink - Dear Mr. President (traducere în Africană)

traducere în Africană

Liewe Meneer die President

Liewe Meneer die President, kom stap saam met my
Kom ons maak asof ons net twee mense is en jy is nie beter as ek nie
Ek wil graag vir jou 'n paar vrae vra as ons eerlik kan praat.
Wat voel jy as jy al die haweloses op die straat sien?
Vir wie bid jy snags voor jy gaan slaap?
Hoe voel jy wanneer jy in die spieël kyk? Is jy trots?
 
Hoe slaap jy, terwyl die res van ons huil?
Hoe droom jy wanneer 'n ma nie 'n kans kry om totsiens te sê nie?
Hoe loop jy met jou kop hoog gehou?
Kan jy my eens in die oog kyk en vir my sê hoekom?
 
Liewe Meneer die President, was jy 'n eensame seuntjie?
Is jy 'n eensame seuntjie?
Hoe kan jy sê geen kind word agtergelaat?
Ons is nie dom nie en ons is nie blind nie.
Hulle sit almal in jou selle
Terwyl jy die pad na hel teer.
Watter soort pa sou sy eie dogter se regte wegneem?
En watter soort vader sou dalk sy eie dogter haat as sy gay was?
Ek kan my net voorstel wat die eerste dame het om te sê
Jy het 'n lang pad gekom van whiskey en kokaïene.
 
Hoe slaap jy, terwyl die res van ons huil?
Hoe droom jy wanneer 'n ma nie 'n kans kry om totsiens te sê nie?
Hoe loop jy met jou kop hoog gehou?
Kan jy my eens in die oog kyk?
 
Laat ek jou vertel oor harde werk
- Minimumloon met 'n baba oppad
Laat ek jou vertel oor harde werk
- Jou huis te herbou nadat die bomme hulle weggeneem het
Laat ek jou vertel oor harde werk
- Om 'n bed te bou uit 'n karton boks
Laat ek jou vertel oor harde werk, harde werk, harde werk
Jy weet niks oor harde werk, harde werk, harde werk
Harde werk
 
Hoe slaap jy in die nag?
Hoe loop jy met jou kop hoog gehou?
 
Liewe Meneer die President, jy sal tog nooit gaan stap saam met my.
Sou jy?
 
Postat de Nagwense la Luni, 02/06/2014 - 20:29
Engleză

Dear Mr. President

Comentarii