Russia is waging a disgraceful war on Ukraine.     Stand With Ukraine!
  • Joe Foster

    Pad Na Jou Hart

Share
Font size
Original lyrics

Pad Na Jou Hart lyrics

Wag vir my, dis nog nie te laat nie.
Hierdie pad mag dalk nog lank word.
Maar ek is nie bang nie.
Vergewe my,
my hart was koud,
eenvoudig net swaar.
 
Ek was grof en onafgewerk
maar ek’s nog nie daar nie.
 
Op pad na jou toe,
op die pad na jou hart toe.
Dis hier waar ek gaan sort
dat ek jou man gaan word.
Dis hier waar ek gaan leer
om werklik lief te wees --
op pad na jou hart.
 
Sit terug.
Sit terug en hou vas.
Hierdie pad waarop ons saam loop
het sy op en af.
Laat my toe as ek op my knieë
voor jou deur kom staan.
Op die pad na jou hart moes ek leer
dat dit eintlik jou hart is, wat hulp vra.
 
Op pad na jou toe,
op die pad na jou hart toe.
Dis hier waar ek gaan sort
dat ek jou man gaan word.
Dis hier waar ek gaan leer
om werklik lief te wees --
op pad na jou hart.
 
As ek jou hand vat
sal jy saam my kan kom.
As jy my toelaat mag ek jou dalk verstom
en ek belowe jou jy sal hierna niks ooit kort.
As ek jou man kan word.
 
Op pad na jou toe,
op die pad na jou hart toe.
Dis hier waar ek gaan sort
dat ek jou man gaan word.
Dis hier waar ek gaan leer
om werklik lief te wees --
op pad na jou hart.
 

 

Translations of "Pad Na Jou Hart"
Joe Foster: Top 3
Collections with "Pad Na Jou Hart"
Comments