• Koos Kombuis

    Boer in Beton

Share
Font size
Original lyrics

Boer in Beton lyrics

Ek's 'n Afrikaner in die stad, ek dra my masker soos 'n kat
deur donker stegies en geboue, vat vyf, my broer, vat vat
en iewers in my onder bewussyn sien ek nog die Karoo sonskyn
hoor ek die grensdrade se gesing
voer ek die kabouters in my tuin
Ek rook ingevoerde fags, ek lees engelssprekende mags
ek gaan nooit kerk toe nie, want dis 'n drag
 
Chorus:
Ek's 'n boer in beton soos Oom Paul op ou Kerkplein
niemand weet van my pyn, want ek is goed vermom
ek's 'n boer in beton
 
Iewers in my klink die stem van Strydom, Verwoerd en
die knipmeslem, van patriotisme wat nog flits
Al maak ek Sondae vuur met blits
elke voorvader 'n pionier en ek weet ek hoort nie hier
ek sit in laatnag kroeë rond maar ken nie meer die reuk van grond
Daar's iewers velde wat nog roep, daars iewers nog 'n boerestoep
Die Groot Trek oor die oop Savanna,
die blink loop van 'n Sanna
 
Chorus
Ek's 'n boer in beton soos Oom Paul op ou Kerkplein
niemand weet van my pyn, want ek is goed vermom
ek's 'n boer in beton (x2)
 
Daar's 'n ketel wat nog kook, daar 's 'n kampvuur wat nog rook,
daar's vrouens wat nog ween en uitlanders wat brande stook
En ek is net so vreemd soos jy in hierdie stad
 
(die vorige persoon wie dit aangepas het, het hierdie lirieke heeltemal verkeerd gekry. Dit is reg tot en met hierdie punt ^)
 
iewers in my klink die stem van Antjioe Krog en Breyten ook
elke voorvader 'n pionier maar ek weet ek hoort ook hier
al sit ek laat in kroee rond en ken ek skaars die reuk van grond
Daar's iewers nog 'n boerestoep, daar's iewers velde wat nog roep
my handpalms is wit soos jy, ek bedel troos waar ek kan kry
 
Chorus
 

 

Translations of "Boer in Beton"
Comments